NewsNews

Beskerm ons kinders

Parys Gemeenskap Polisiëring Forum (GPF) en Parys SAPD het verlede week kragte saamgesnoer om tydens Kinderbeskermingsweek (28 Mei tot 1 Junie) leerlinge van Parys Primêre skool toe te spreek oor veiligheid by die skool, die huis, en oor die internet.

Daar is spesifiek verwys na die gevare wanneer jy vreemdelinge by jou facebook rekening sou voeg. Daarmee saam is gesels oor boelie-gedrag, hoe jy jou daarvan moet weerhou,  hoe om op te tree as jy geboelie sou word, en algemene veiligheidswenke by die huis.
Die kinders het aktief deelgeneem aan die geprek, en heelwat vrae is gevra vir sers. Leboko, knst. Marumo en Anne-marie du Toit, voorsitter van die Parys GPF.
Die boodskap was duidelik dat kinders nie moet bang wees vir lede van die polisie of hul onderwysers nie, en moet praat wanneer daar nie korrek teenoor hulle opgetree word nie.
Die SAPD het by die geleentheid pamflette versprei oor kinderregte en die gevare van dwelmmisbruik.
* Die doel van Kinderbeskermingsweek is juis om ’n  bewustheid te skep by die gemeenskap en veral kinders, oor mishandeling, kindermolestering en boeliegedrag.
Veral boeliegedrag onders beide kinders en onderwysers is ’n baie algemene verskynsel by skole vandag. Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) het tydens Kinderbeskermingsweek meer as ’n  1 000 mense, waaronder ook kinders, per radio, met praatjies en poppekasvertonings by skole bereik.  Hoewel kinderbeskermingsweek nie mishandeling keer nie, skep dit ’n  bewustheid sodat slagoffers en die gemeenskap sal weet waar om hulp te kry.

Related Articles

Back to top button