Van die strate wat al deurgeloop het en waarvan Gazette kennis dra, is Van Collerstraat, Delverstraat en Bredelstraat.
Die diewe laat geen spoor of leidraad nie, en huiseienaars ontdek in die meeste gevalle die skade eers later.
Selfs die munisipaliteit sit hande in die hare met die geweldige skade wat dié diefstal veroorsaak.
Inwoners se grootste bekommernis is dat hulle nie weet of hulle die diefstal by die polisie of die munisipaliteit moet rapporteer nie, en hoe gemaak met die skade?
Gazette het by die Ngwathe munisipaliteit navraag gedoen en het die munisipale woordvoerder, mnr. Steve Naale, onderneem dat die munisipaliteit ’n verklaring hieroor sal uitreik.
Hy het aangedui dat die diefstal groot kommer wek by die munisipaliteit en daar reeds navraag gedoen is by skrootmetaal handelaars oor dié tendens. Diefstal kos die munisipaliteit reeds miljarde met oorhoofste elektriese kabels en mangatdeksels wat gereeld gesteel word.




