NewsNews

Pa vermoor kleuter en hang homself

‘n 25 jarige pa het na bewering sy eie kind (2) Sondag (2 Junie) vermoor waarna hy homself gehang het.

‘n 25 jarige pa het na bewering sy eie kind (2) Sondag (2 Junie) vermoor waarna hy homself gehang het.

Volgens sers. Kelebogile Moleko, polisiewoordvoerder, is beide die pa en kleuter dood by die pa se huis in die Moshawane nedersetting naby Mahikeng gevind.

“Die kind het by die pa gekuier. Dit blyk dat die pa die tweejarige veelvuldige keer met ‘n mes gesteek het. Hy het homself daarna met ‘n ketting opgehang,” het Moleko gesê.

Lt. Gen. Baile Motswenyane, provinsiale polisiekommissaris, het die voorval ten sterkste veroordeel.

“Die veiligheid van ons kinders moet ten alle tye prioriteit geniet,” het Motswenyane gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button