NewsNews

Twee aanvalle in Reitz (Vrystaat): Landelike beveiliging faal, sê VF+

Boervrou Vrydagaand vermoor, nog ‘n egpaar vanoggend (Sondag) oorval.

 

Jan van Niekerk, die VF Plus-provinsiale leier in die Vrystaat, het  dié persverklaring uitgereik:
“Twee aanvalle in die Vrystaat die afgelope naweek dien as bewys dat die regering faal om landelike veiligheid te verseker.

Die populistiese diskoers oor grond in Suid-Afrika dra by tot die gewelddadige klimaat wat heers in landelike gebiede.

In die een voorval is Marie Venter Vrydagaand wreed vermoor.

In die tweede voorval is Kobus en Marlise van Niekerk omstreeks 04:00 Sondagoggend op hul plaas in die Reitz-distrik aangeval. Marlise is met ‘n voorwerp oor die kop geslaan terwyl sy gedwing is om die kluis in hul huis oop te sluit.

Boere wat op die aanval gereageer het, het ‘n gesteelde Land Cruiser en verskeie selfone in Warden gevind.

Die VF Plus sal weer die provinsiale polisiekommissaris in die Vrystaat versoek om dringend met die party te vergader om landelike veiligheid te bespreek, aangesien hy nie op die party se vorige versoek gereageer het nie.

Met toenemende druk vanuit die buiteland kan die ANC-regering nie anders as om te erken dat plaasaanvalle as prioriteitsmisdaad verklaar moet word nie en dienooreenkomstig optree deur spesialiseenhede op die been te bring om landelike veiligheid te verseker.

Die VF Plus spreek sy waardering uit teenoor die polisie en die boere in die gemeenskap wat vinnig op die aanvalle gereageer het.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button