NewsNews

‘n Boer (en Bosvark) maak self plan

Sakemanne klim op hul trekker en herstel self slaggate

Renier Calitz (op die trekker) en Pieter Oosthuizen van die onderneming Bosvark, wat deesdae self inspring en die slaggate in hul gebied herstel en stormwaterdreine in Petterstraat skoonhou. Foto: Nicky Jansen van Vuuren

 

VANDERBIJLPARK. – Hoe gemaak as jy ‘n sakeonderneming het en nie langer wil toesien dat jou kliënte en ander padgebruikers aan gevaarlike slaggate blootgestel word nie? Jy klim op jou trekker en begin die gate self vul.
Dit is presies wat Renier Calitz en Pieter Oosthuizen van Bosvark, ‘n plaaslike onderneming wat braaiers en toebehore vir braaiers vervaardig en verkoop, verlede week gedoen het. Renier en Pieter het besluit om die groot slaggate in hul straat in CE6, met grond op te vul en deeglik vas te stamp om minstens ‘n tyd lank minder gevaar vir motoriste in te hou.
“Ons doen maar ons deel om Petterstraat in ‘n beter toestand te kry vir padgebruikers, veral omdat dit ‘n deurgangsroete vir swaarvoeruie is,” sê Renier.
Die twee sakemanne se werk stop egter nie hier nie. Hulle vee die paaie ook gereeld skoon en maak ook die stormwaterdreine in die omgewing skoon sodat reënwater nie in die straat versamel en die pad verder verweer nie.
Hulle daag ander sakeondernemings uit om ook in hul eie sakegebiede betrokke te raak.

 

Related Articles

Back to top button