Sport

Slaan die bal vir Marné vir Talent America

’n Gholfdag ter fondsinsameling van Marné Prinsloo, word Vrydag 8 Junie by die Parys Golf & Country Estate aangebied.

Die 17-jarige Marné is ingesluit in die na-sionale span wat haar land gaan verteenwoordig by Talent America in New York gedurende die wintervakansie. Sy is ’n  graad 11-leerling van Hoërskool Parys.
Marné het vroeër by Talent Africa weggestap met twee silwermedaljes in die afdelings vir “Pop Vocal” en “Broadway Vocal” asook goud vir “Gospel”en die “Vocal Open” kategorie.
Die fondsinsameling vir Marné is om haar deelname in Amerika moontlik te maak.
Die spelformaat is ’n  Better Ball Scramble Drive en die koste is R400 per persoon, wat die baanfooie en gholfkarretjie insluit.
Belangstellende gholfspelers is welkom om Lizette Meyer by (056) 818 1567 te skakel vir inskrywings, of stuur e-pos na
proshop@parysestate.co.za.
Waterpunte sal gratis beskikbaar wees en daar is baie vleispryse om te wen. “Shotgun start” is om 11:00.
Vir meer inligting skakel Henk by 082 557 8584.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button