Sport

Slaan die bal vir Marné vir Talent America

’n Gholfdag ter fondsinsameling van Marné Prinsloo, word Vrydag 8 Junie by die Parys Golf & Country Estate aangebied.

Die 17-jarige Marné is ingesluit in die na-sionale span wat haar land gaan verteenwoordig by Talent America in New York gedurende die wintervakansie. Sy is ’n  graad 11-leerling van Hoërskool Parys.
Marné het vroeër by Talent Africa weggestap met twee silwermedaljes in die afdelings vir “Pop Vocal” en “Broadway Vocal” asook goud vir “Gospel”en die “Vocal Open” kategorie.
Die fondsinsameling vir Marné is om haar deelname in Amerika moontlik te maak.
Die spelformaat is ’n  Better Ball Scramble Drive en die koste is R400 per persoon, wat die baanfooie en gholfkarretjie insluit.
Belangstellende gholfspelers is welkom om Lizette Meyer by (056) 818 1567 te skakel vir inskrywings, of stuur e-pos na
proshop@parysestate.co.za.
Waterpunte sal gratis beskikbaar wees en daar is baie vleispryse om te wen. “Shotgun start” is om 11:00.
Vir meer inligting skakel Henk by 082 557 8584.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button