NewsNews

Agtste keer…in 89 jaar

‘n Motor het Vrydagaand onderweg na Parys in die Jalalpor Algemene Handelaarswinkel ingery en groot skade aan die gebou aangerig. Die motorbestuurder is nie beseer nie.

In die 89 jaar wat dié winkel net buite Parys duskant die Potchefstroom-brug al ‘n bekende stopplek vir besoekers aan Parys geword het, was daar nie minder as agt motorongelukke waar daar elke keer groot skade aan die gebou was, vertel die eienaar, Baboo Jalalpor.
Sy oupa Moosa het die winkel in 1929 begin, waarna Moosa en sy seun Malie teen 1954 aanvanklik die twee winkels bedryf het voordat hul een verkoop, en Malie die onderneming alleen bedryf het. Baboo het by Malie oorgeneem.
Die laaste motorongeluk waar daar in die huisgedeelte van die gebou vasgery is, was in Mei 2009.
Vrydagaand het die motor die winkelgedeelte van die gebou getref.

Related Articles

Back to top button