NewsNews

Hier kom ‘n ding!

Hier kom ‘n ding!

Foto: Jannie du Plessis

Outdoor X nooi almal na die lekkerste skou van die jaar wat die naweek van 2 en 3 Junie by Malonjeni Guest Farm tussen Vereeniging en Heidelberg gehou word.

Moenie hierdie groot buitelug- en ontspanningskou misloop nie. Die publiek kan nader staan om meer as 370 topgehalte uitstallings met al die groot handelsname te kom besigtig, waaronder Sunseeker Campworld, Makro, Conqueror, Factory Racing KTM, Destination Karavane en nog vele meer. Makro Vaal spog  vanjaar met ‘n 900m2 uitstalling en gaan groot spesiale aanbiedinge op alle buitelugprodukte hê. Daar gaan ook ‘n motorskou wees en al die groot motorhandelaars stal jaarliks hul voertuie hier uit.

Besoekers kry die geleentheid om elke fabrikaat se nuutste modelle te kom besigtig, waaronder Vaal Toyota met  die nuwe Hilux Dakar-reeks en New Vaal Motors met hul nuwe Mercedes Benz X-klas. Die Landbou- en Jagtersafdelings is ook groter met uitsonderlike produkte en  spesiale aanbiedinge. Daar word vanjaar ook ‘n tikkie tradisie bygevoeg met pap en kaiings, ‘n boere dansorkes en ‘n jeugskou met plaasdiere. Unieke en besondere vroueprodukte wat nie in plaaslike winkelsentrums beskikbaar is nie, sal ook te koop wees.

Kinders kan vermaak uit die boonste rakke geniet met ’n  enorme kinderpretpark en aktiwiteite vir kleuters tot tieners. Outdoor X bied ook ‘n 4×4 baan, boogskiet, helikopterritte, valskermvertonings, kunstenaars soos Dirk van der Westhuizen, Juan Boucher, Dewald  Dippenaar, Clint & Co en nog vele meer. Asof dit nie genoeg is nie, is die Aquazone ook daar met ‘n eiland-atmosfeer en ‘n duiktenk. Daar is ook ‘n groot verskeidenheid kosstalletjies met liplekker geregte en ’n biertuin.

Nuut hierdie jaar is die unieke geleentheid om met ‘n 50 kaliber geweer te skiet. Kom toets jou bestuursvernuf teen ander veldmotorfietsryers op die Saterdag of indien jy iets rustiger verkies, kom geniet die “Fundoro” wat pret is vir die hele gesin en geskik is vir veldfietse, vierwiel motorfietse en avontuur motorfietse. Daar is ‘n tegniese koppie vir die wat meer avontuurlustig is.

Kaartjies is die genoemde dae by die hekke te koop en beloop R100 vir volwassenes, R50 vir kinders (6-12 jaar) en kinders onder 6 jaar kan gratis ingaan. Die skoutye is 09:00-17:00 vir albei dae. Vir meer inligting of ‘n voorsmaak van wat jy te wagte kan wees, besoek www.outdoorx. co.za of FB OutdoorX. Vir maklike aanwysings na Malonjeni Guest Farm tik in “OutdoorX Show” op Google “Maps” op die meeste selfone. Outdoor X wil graag die borge, Midvaal Munisipaliteit, Danmik Power & Construction, Graphic Imprint, Wildog Accessories, Surefocus Shooting Range, 4×4 Megaworld en Boesmans Boog en Visvang bedank.

Related Articles

Back to top button