NewsNews

Balju lê beslag op munisipale meubels en rekenaars

Amptenare van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) moes verlede Donderdag hul werksaamhede summier stop toe die balju 15 rekenaars en ‘n aantal kantoorstoele uit die kantore van die munisipale bestuurder en krediet-kantore verwyder het.

 

 

 

Hierdie aksie is na verwagting een van vele wat kan volg omdat die Emfuleni-munisipaliteit nie hul diensverskaffers betaal nie, sê die Vryheidsfront Plus.

“Diensverskaffers wat uitgekontrakteer is om vullisverwyderingsdienste te behartig, kan ook nie meer soos in die verlede weekliks by huise aandoen nie. Die dienste word nou op ‘n maandelikse basis gelewer weens ernstige brandstof-tekorte.”

Die party sê in ‘n verklaring  ‘n verdere probleem is dat net drie vragmotors vir vullisverwydering gebruik word omdat die stadsraad die kontrakteur R9 miljoen skuld vir dienste gelewer. Intussen hoop vullis oral op en is ‘n gesondheidsgevaar onafwendbaar as die situasie voortduur.

“Selfs die kantore van die VF Plus wat binne die munisipale kompleks geleë is, ondervind geweldige uitdagings omdat die diensverskaffer weier om ink af te lewer weens uitstaande rekeninge.”

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button