NewsNews

Stemkoors loop hoog in Parys

Parys het JOU stem nodig!

Besoekers en toeriste van oraloor is die afgelope naweek in Parys voorgekeer waar bemarkingsmateriaal uitgedeel is om mense aan te moedig om te stem vir Parys.

Parys is die Vrystaatse finalis vir vanjaar se Kwêla dorp van die jaar kompetisie. As jy nog nie jou stem vir Parys gegee het nie, het jy nog kans tot 1 Junie om 12:00. Maak seker jy stem betyds deur die woord Parys te sms na 33157. Elke sms kos R1,50 en slegs 30 sms-boodskappe per nommer word toegelaat.

Die wendorp word op 17 Junie op Kwêla aangekondig.

Onthou – dit gaan nie oor watter dorp die skoonste is of die beste munisipaliteit het nie, maar waar die mooiste, lekkerste en hartlikste kuierdorp in die land is. Waar dan beter as net hier in Parys!

Onthou sms nou na 33157.

Pamflette wat die naweek in Parys versprei is om mense aan te moedig om vir Parys te stem.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button