NewsNews

Polisie slaan toe op perlemoen-smokkelaars by eetplek

Polisie slaan toe op perlemoen-smokkelaars.

VANDERBIJLPARK. – Ses mans is Saterdagaand 19 Mei in die Spur in Frikkie Meyer-boulevard in hegtenis geneem weens die onwettige besit van perlemoen ter waarde van sowat R450 000.
Jannie du Plessis, misdaadverslaggewer van Vaalweekblad, het toevallig by die Spur gekuier en was op pad uit toe die polisie daar opdaag. Kaptein Tebeho Lephota, mediaverteenwoordiger van die polisie, het bevestig dat die mans in hegtenis geneem is en beslag op die perlemoen gelê is.

Beslag is ook gelê op twee voertuie waarmee die perlemoen vervoer is. Die voertuie was in die parkeerterrein van die sakekompleks geparkeer terwyl die mans geëet het. Die ses mans is almal van Kaapstad. Die perlemoen was nog ongekook en ongedroog. So is die waarde baie minder as die gekookte en gedroogde perlemoen. Die verdagtes is deur die diefstal-eenheid agtervolg tot by die Spur.

Volgens ‘n Vaalweekbladeser, Sylvia Bothma, wat tydens die voorval in die Spur was, het die mans by twee tafels naby die toilette gesit toe die polisie toegeslaan het. Hulle is met wapens in die rug na buite gelei. Die bestuur van Spur wou nie kommentaar oor die voorval lewer nie. Die ses verdagtes het reeds in die landdroshof in Vanderbijlpark verskyn.

Foto: Lazarus Dithagiso

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button