Deel jou verhaal in ’n kort brief van nie meer as 250 woorde nie. Briewe van hoop kan gestuur word na nadiam@parys.co.za
Die wenbriewe wat deur die organiseerders van vanjaar se Hoopfees aangewys word, sal tweeweekliks in Parys Gazette se uitgawes van 14 en 28 Junie, en 12 en 26 Julie gepubliseer word. Daar is nie prysgeld aan verbonde nie – net die wete dat jou verhaal dalk vir iemand anders weer hoop kon gee. Onthou dat die brief jou eie moet wees, en nie oorgeneem uit ‘n bestaande skrywe nie.
Die Hoopfees word vanjaar op 4 Augustus van 10:00 tot 21:00 op die Parys Primêre skool se sportgronde in Eerstelaan gehou.
Verskeie uitstallers en kunstenaars sal deel wees van die fees en Gazette sal lesers op hoogte hou van kunstenaars en die feesprogram.
Vir meer inligting skakel Nadia by 082 734 7735, of Rentia by 079 875 8031.



