
Voorheen was die wilde katte van die natuur afhanklik vir oorlewing en het net die sterkstes oorleef.
Met dié dat die katte nou gereeld gevoer word en nie meer hoef te jag nie, is die balans versteur en word die getalle van wilde katte in die dorp al meer.
Volgens die Parys DBV-tak is dit so erg dat ’n wilde kat gereeld tot gemiddeld ses katjies kan hê. Die DBV het wel al van die katte gesteriliseer en geëent, en maak dan ’n snit in die oor sodat hulle maklik geïdentifiseer kan word.
Dié katte wat só geïdentifiseer is, is by die museum, die Pick ’n Pay-sentrum en Checkers.
Munisipale regulasies wat nie afgedwing word nie, dra nie by tot oplossings vir die probleem nie, waarsku die DBV, en word ’n baie dringende beroep op die publiek gedoen om asseblief nie die katte te voer nie.



