NewsNews

Inwoners vrees vir hul veiligheid en intimidasie by stortingsterrein

Inwoners vrees vir hul veiligheid en intimidasie by die munisipale stortingsterrein langs die Weiveld-pad. Dit het aan die lig gekom nadat vandeesweek gerapporteer is dat mense geïntimideer word om geld te gee alvorens hulle toegelaat word om hul vullis af te laai by die terrein waarvan die ingang só toegegooi is onder vullis dat dit toegang na die terrein belemmer.

Die gevolg is dat mense vir ’n geruime tyd al vullis weerskante van die pad vir kilometers voor die stortingsterrein afgooi.
Gazette het verlede week ’n  video op die koerant se webtuiste geplaas waar duidelik gesien kan word hoe ernstig die probleem by Parys se vullisstortingsterrein is.
Volgens inwoners, word hulle nou R20 gevra om hul vulis af te laai, selfs al sou hul aandring om dit self te doen of hul eie hulp saamneem om te help aflaai.
Borde wat die munisipaliteit langs die pad opgesit het  om onwettige storting van vullis te probeer keer, het tot dusver geen indruk gemaak nie, en is dit duidelik dat die munisipaliteit geen beheer oor die terrein het nie.
Gazette het al male sonder tal berig oor die brand- en gesondheidsgevaar wat die onwettige storting van vullis langs die pad inhou, asook die veiligheidskwessies as gevolg van die gebrek aan beheer oor die terrein.
Daar is in die verlede reeds twee voorvalle gerapporteer waar mense aangeval is wat wou vullis aflaai, maar ten spyte hiervan is daar steeds geen oplossing vir die probleem nie.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button