NewsNews

Eerste motorwagte kry identifikasiekaarte

Die eerste identifikasiekaarte vir motorwagte van Parys, is verlede week by die Parys-polisiestasie oorhandig. Dié inisiatief van die Parys Gemeenskap Polisiëring Forum en die polisie is wyd verwelkom.

Hoewel nog kaarte uitgereik sal word, sal die proses ’n tyd neem om afgehandel te word. Die identifikasiekaarte word uitgereik aan motorwagte wie geen misdaadrekord het nie. Die motorwagte is gevra om die kaart sigbaar te dra, of op aanvraag te toon aan mense wie van die motorwag se dienste gebruik sou maak, in die hoop dat dit meer vertroue by die publiek sal skep om dié motorwagte te ondersteun.
Kapt. Sibudi, waarnemende stasiekommissaris van die Parys-polisiestasie, het met die oorhandiging motorwagte se samewerking bepleit en benadruk dat motordiefstal in die dorp groot kommer wek.
Ao. Jan le Roux het gesê motorwagte kan baie waardevolle inligting aan die polisie gee en het gevra dat die motorwagte sakboekies by hulle sal dra sodat volledige beskrywings en registrasienommers van verdagte voertuie so gou moontlik aan die polisie deurgegee kan word.
Hy het daarop gewys dat motorwagte nie net daar is om na voertuie te kyk nie, maar  die oë en ore van die polisie en die publiek moet wees. Wynand Nel van We Care het dit beaam en gesê dat motorwagte veral ook vroegoggend baie waaksaam moet wees. Dit volg ná twee onlangse besigheidsrowe wat beide plaasgevind het nadat die ondernemings pas hul deure vir die dag oopgemaak het.
Ao. Le Roux het gesê as motoreienaars bereid is om ’n  diensfooi aan ’n  motorwag te gee, daar werklik ’n  diens gelewer moet word op ’n  netjiese en professionele manier.
Motorwagte is aangemoedig om self by PSIRA te registreer, hulle by die polisie te laat verifieer vir ’n  identifikasiekaart en seker te maak hulle is opgelei.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button