Gemeenskap se wakker oë is motordiewe se Moses

Twee motordiewe het hul rieme verlede week behoorlik styfgeloop nadat hulle die afleweringsvoertuig van Almur Smit Pluimveeplaas in Tumahole gesteel het.

Die twee werknemers van dié onderneming was besig om eiers af te laai met een van die werknemers wat nog agter in die voertuig was, en die ander een in die winkel. Die motordiewe het die werknemer agter in die voertuig toegemaak  en met die voertuig weggejaag. In die ry kon die werknemer met ’n  afstandbeheerder daarin slaag om die klap van die laairuimte oop te maak en uit die voertuig te rol. Hy is net lig beseer.
Intussen het familie van die werknemers by wie se huise daar verbygery is, opgemerk dat dit vreemde gesigte in die voertuig is. Hulle het alarm gemaak en die voertuig agterna gesit.  Die afgeslane klap het die beweging van die voertuig belemmer en kort voor lank is die motordiewe naby die dorp se vullisstortingsterrein deur die gemeenskap vasgetrek en die voertuig teruggevind.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button