NewsNews

Kgalagadi foto’s en voëlklublede se foto’s vanaand gewys

Die Feathers-voëlklublede kuier vanaand,Donderdag 24 Mei saam.

Tydens die byeenkoms wat om 18:30 by die Sally Martin Park saal gehou word, sal Hansie Bekker sy Kgalagadi-foto’s kom wys. Jan Fourie is ook besig met ’n  samestelling van lede se foto’s wat gewys sal word.
Op Saterdag 26 Mei gaan Feathers Rockridge Farm besoek om te kyk watter voëls hul daar kan sien. Rockridge Farm is oorkant die bessieplaas langs die N1 snelweg – ongeveer 20 kilometer vanaf Parys. Hierdie is ook ’n  nuwe plek wat die klub nog nie voorheen besoek het nie.
Almal wat belangstel in voëls van die omgewing, is welkom om saam te gaan. Die klub vertrek om 06:30 vanaf Pick’n Pay se parkeerterrein. Bring jou piekniekmandjie, verkyker, voëlboek en stoel saam. Anti-goggagoed en ‘n hoed kan ook nuttig wees.
Feathers sal geen formele uitstappies in Junie en Julie onderneem nie.
Skakel gerus vir Hansie Bekker by (056) 811 4754 / 082 820 4306, of Peter Killian by (056) 817 6031 / 083 625 8100 vir meer inligting oor die klub se aktiwiteite en uitstappies.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button