NewsNews

Premier die oorsaak van swak ouditverslae van Vrystaatse munisipaliteite

Die Ouditeur-Generaal (OG), Kimi Makwetu, se oudit-uitkomste van Vrystaatse munisipaliteite wys dat die provinsie nie in goeie hande is nie, aangesien die premier, Sisi Ntombela, die LUR vir samewerkende regering was gedurende die tydperk (2016/2017) waaroor die OG verslag gedoen het.

 


 

Onder Ntombela se leiding as LUR en die ANC se wanbestuur in die provinsie, het alle Vrystaatse munisipaliteite volgens die OG nou ingryping nodig om totale finansiële ineenstorting te vermy.

 

Die OG het bevind dat twee Vrystaatse munisipaliteite, Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Welkom, Virginia en Hennenman) en die Mangaung-metro munisipaliteit (Bloemfontein, De Wetsdorp, Wepener en Vanstadensrus) onderskeidelik die twee top-posisies vir ongemagtigde uitgawes of oorbesteding in die land beklee.

 

Die  finansiële plundering van die Vrystaat blyk nie einde te hê nie met R640 miljoen rand se onreëlmatige uitgawes wat verband hou met betalings en uitgawes in die tydperk.

 

Die provinsie se oorbesteding en onreëlmatige uitgawes het plaasgevind te midde van konsultante wat R57 miljoen betaal is om die finansiële kontroles te verbeter.

 

“Die feit dat nie een Vrystaatse munisipaliteit ‘n skoon ouditverslag kon ontvang nie, wys dat die ANC nóg daartoe in staat is, nóg daarin belang stel om die provinsie met finansiële dissipline te bestuur, aangesien drie Vrystaatse munisipaliteite, Maluti-A-Phofung (Harrismith en QwaQwa), Mafube (Frankfort, Villiers, Cornelia en Tweeling) en Masilonyana (Brandfort, Theunissen, Winburg en Verkeerdevlei), onder ANC-administrasie geplaas is, maar steeds nie beter ouditmenings kon kry nie.”

 

As voormalige LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake was dit Ntombela se verantwoordelikheid om as politieke leier leiding te neem.

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button