News

Huldeblyk: Minnie du Plessis

Minnie du Plessis wat vir baie jare administratiewe klerk by die Parys-polisiestasie was, is op 9 Mei oorlede.

Die roudiens is op 17 Mei in Drie Rivier-Oos gehou. Sy was 79.
Sy en haar man, George, het in 1986 na Parys verhuis toe hy op pensioen gegaan het. Hy was ’n  polisiekaptein in Welkom.
Syself het ook in Welkom as klerk by die polisie gewerk, en was by die Parys-polisiestasie tot 2003. Sy het ongeveer 6 jaar gelede na Vereeniging verhuis.
Minnie was iemand wie se lewe gevul was met lig en liefde, vergifnis en hoop, maar bowenal samesyn en vreugde. Waar sy ookal was het haar skerp humorsin mense nader getrek. Sy’t elke rugby- en krieketspeler geken en was seker een van die vurigste Cheetah-ondersteuners wat jy kon kry.
Sy word oorleef deur haar 3 dogters en seun, en  7 kleinders en 2 agterkleinkinders wat haar alles in die lewe was.

Related Articles

Back to top button