BlogsOpinions

Dagmoeders moet vertrou kan word

Geskokte leser skryf:

Geskokte leser skryf:

Ek verwys na die berig in Vaalweekblad, Pimpel en pers geslaan by dagmoeder, (27 tot 29 Mei). Dit is absoluut grusaam. Daar moet ‘n wet wees waar dagmoeders eers deur die Kindersorgvereniging ‘n onderhoud moet doen om te bevestig of sy die geduld en persoonlikheid het en nie alkohol gebruik nie.

Dan moet dit Kindersorg se verantwoordelikheid wees om die perseel te inspekteer en te kyk dat swembaddens omhein is, dat daar nie meer as tien kinders is nie, dat daar geen groot of klein honde tussen die kinders is nie en dat die kinders ‘n ordentlike middagete kry, nie net ‘n droë worsrol met ‘n vienna daarin nie. Ongelukkig het ek al die bogenoemde gesien.

Dit is nie regverdig teenoor die kind en die ouers wat baie duur betaal en die dagmoeder met hul kleinding vertrou nie.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button