Photo GalleriesSport

Gemengde sukses tot dusver vir Parys op die rugbyveld

Hoërskool Parys het tot dusver redelik gemengde uitslae behaal in die Valke Medium skole ligawedstryde wat reeds dié seisoen gespeel is.

Die eerste span wen sy wedstryd teen Sasolburg Hoër 40-12, verloor daarna teen Die Ankerskool met 25-27, maar wen teen Afrikaans Hoër Sasolburg met ’n telling van 46-5.
Die tweede span wen hul wedstryd teen Sasolburg Hoër met 26-10, speel gelykop teen Die Ankerskool, en wen daarna Afrikaans Hoër Sasolburg met 52-5.
Die o.16-span het verloor met 26-45 teen Sasolburg Hoër, maar wen teen Die Ankerkskool 12-0.
Parys se o.15-span verloor op hul beurt 22-34 teen die span van Sasolburg Hoër, en moes daarna ook die knie buig voor Die Ankerskool met 7-38. Hulle verloor ook teen Afrikaans Hoër Sasolburg met 0-44.
Vir die o.14-span het die seisoen begin met ’n verloor teen Sasolburg Höer (22-34), gevolg deur ’n  oorwinning oor Die Ankerskool met 58-7. Hule wen ook die wedstryd teen Afrikaans Hoër Sasolburg met 20-12.
Die volgende ligawedstryde vir Parys is hierdie Vrydag (18 Mei) teen Hoërskool Overvaal, op 25 Mei teen Hoërskool Suiderlig, en op 2 Junie teen Hoërskool Carel de Wet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button