LetterOpinions

Dankie vir dié motorwagte se diens

Ek stem heelhartig saam met die Parys Gemeenskap Polisiëring Forum (GPF) se stelling: “Motorwagte is stille helde,” (Parys Gazette, 10 Mei).

Die GPF versoek ons moet motorwagte wat hul goedkeuring het, ondersteun. My vraag is hoe ons hul moet identifiseer? Moet die goedkeurings identiteitskaart op die bors vertoon word, of moet ons daarvoor vra? Ek wil ook wagte daarop wys dat sommige van ons verskeie plekke per dag besoek en daar parkeer, en jy nie aan al die wagte ’n fooi kan gee nie. Aan die wagte wil ek dankie sê vir jul goeie diens, in besonder by die Palm Gate-sentrum by die Pick n Pay area.
* Daar is tans slegs ’n paar motorwagte in Parys wat geregistreer is by PSIRA. Die GPF  het egter vanoggend (Donderdag 17 Mei) identiteitskaarte oorhandig aan ‘n aantal motorwagte in Parys wie geen misdaadrekord het nie. Nog kaarte sal uitgereik word maar die proses neem ongelukkig  ‘n tydjie om  te voltooi. Mense word egter aangemoedig om hierdie motorwagte te ondersteun. Vra gerus vir die identiteitskaart sou u nie die kaart sigbaar aan die motorwag sien nie. Motorwagte is ook deur die polisie en GPF aangemoedig om waar verdagte bewegings of voertuie opgemerk word dit onmiddellik by die polisie te rapporteer aangesien hulle ‘n belangrike rol kan speel in die bekamping van verval huisroof en motordiefstal wat tans kommer in die dorp wek.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button