Pleks van kla oor treurige munisipale diens, het Corrie self al verskeie kere saam met inwoners van Gleniffer ingespring om slaggate op te vul.
Só het sy ook verlede week saam met die Gleniffer-inwoners begin om gate te herstel in Presidentstraat, reg voor Gleniffer waar die pad al ’n geruime tyd in ’n haglike toestand is.
Haar handewerk is gou raakgesien en het ander inwoners ook haar hulp kom vra vir die gate in Esplenade. Maandag was sy en haar werkers daar aan die werk.
Nie net hou sy toesig oor die werkery nie, maar help sy self waar sy kan. ’n Mooi voorbeeld van hoe Parys se mense kan saamstaan, en wat van dié dorp ’n wendorp maak.
Parys is nie verniet aangewys as die Vrystaatse finalis in vanjaar se Kwêla Dorp van die Jaar kompetisie nie. Onthou om jou stem vir Parys te gee tussen 27 Mei en 1 Junie om 12:00 deur die woord Parys te sms na 33157




