NewsNews

Slaggate: Ons maak self reg

Op 84-jarige ouderdom is daar nie ’n dag wat Corrie Bouwer stilsit nie. Ook nie wanneer dit kom by die talle slaggate in Parys se strate nie.

Pleks van kla oor treurige munisipale diens, het Corrie self al verskeie kere saam met inwoners van Gleniffer ingespring om slaggate op te vul.
Só het sy ook verlede week saam met die Gleniffer-inwoners begin om gate te herstel in Presidentstraat, reg voor Gleniffer waar die pad al ’n  geruime tyd in ’n  haglike toestand is.
Haar handewerk is gou raakgesien en het ander inwoners ook haar hulp kom vra vir die gate in Esplenade. Maandag was sy en haar werkers daar aan die werk.
Nie net hou sy toesig oor die werkery nie, maar help sy self waar sy kan. ’n  Mooi voorbeeld van hoe Parys se mense kan saamstaan, en wat van dié dorp ’n  wendorp maak.
Parys is nie verniet aangewys as die Vrystaatse finalis in vanjaar se Kwêla Dorp van die Jaar kompetisie nie. Onthou om jou stem vir Parys te gee tussen 27 Mei en 1 Junie om 12:00 deur die woord Parys te sms na 33157

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button