CommunityNews

Volg jou hart en bring bietjie sprankel

Jip!!! Dit is amptelik!!! Dit is amper weer DAAI tyd van die jaar. Die dag waarvoor almal hulle asems ophou…

Jip!!! Dit is amptelik!!! Dit is amper weer DAAI tyd van die jaar. Die dag waarvoor almal hulle asems ophou…Nasionale Tekkie Tax Dag!

Die hele land is al aan die gons oor dié allerbelangrike dag in Suid-Afrika wat al vir die laaste vier jaar deel van die kalender is. Hierdie jaar word Tekkie Tax gevier op Vrydag, 25 Mei 2018.  Die projek gee jou die geleentheid dié jaar om ‘n hop in jou skop te sit en vir almal te wys waar jou hart lê. Dis so maklik soos 1…2…3…

  1. Kies jou plakker vir ‘n saak na aan jou hart,
  2. Kikker jou tekkies op met ons prettige skoenveters, en
  3. Voila! Jy is gereed vir Nasionale Tekkie Tax Dag!

 

Loop, spring of huppel die ekstra myl in jou Tekkies vir ‘n welsynsorganisasie naby aan jou hart deur die plakker van jou keuse te dra op Vrydag, 25 Mei en sit ‘n hop in jou skop met n paar prettige skoenveters.

Epilepsie Suid-Afrika en Vrystaat Versorging in Aksie is van die organsasies wat sal baatvind by Tekkie Tax Dag. Kontak hulle gerus.

Daar is geen verskoning – deel in die pret en ondersteun  Tekkie Tax Dag!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button