NewsNews

Treinongeluk slagoffers se name bekend

Treinongeluk slagoffers se name bekend

VANDERBIJLPARK. – Vier mense is Saterdag 12 Mei dood in ‘n treinongeluk tussen Boons en Magaliesburg naby Krugersdorp.
Die bestuurder van die Wit Toyota Corolla, Esau Moletsana (36) het vermoedelik by die treinoorgang op die R500 en Carltonville kruising voor die aankomende goedere trein beland. Die ongeluk het na 15:00 gebeur. Al vyf insittendes was van Vanderbijlpark.
Drie vrouens, Notanda Zo Harriet Nhlapo (43), Norma Khozi Nhlapo (51) en Koekie Nellie Manana (66) is opslag dood. Esau is dood verklaar oppad na die hospitaal. ‘n Vyfde passasier het ligte na matige beserings opgedoen en is na die hospitaal geneem vir behandeling.
Volgens Luitenant Kolonel Adele Myburg, media offisier van die Noord-Wes polisie het familie Maandag die lyke kom uitken.
Die Polisie op Boons ondersoek die ongeluk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button