NewsNews

Openbare Beskermer beslis ten gunste van Ngwathe-inwoners

Die Openbare Beskermer het ten gunste van drie inwoners in die Ngwathe-munisiplaiteit beslis in ‘n dispuut oor enorme munisipale rekeninge nadat die VF Plus dit onder die OB se aandag gebring het.

Die VF Plus het die OB versoek om ondersoek in te stel ná die foutiewe rekeninge wat derduisende rand beloop deels weens versuim om meters gereeld en korrek te lees, en deels weens foutiewe berekeninge deur Ngwathe.
Die inwoners het rekeninge ontvang wat onderskeidelik R116 066.85 (vir elektrisiteitsgebruik) , R 57 994,82 (vir watergebruik) en R29 506.04 ((vir elektrisiteitsgebruik) beloop.
Die OB se beslissing volg op die uitwysing van duidelike foute op die rekeninge wat op versoek van die VF Plus nie deur die Hoof Finansiële-beampte van Ngwathe aangespreek is nie.
Die munisipaliteit het die rekeninge uitgreik sonder behoorlike inagneming van ’n  raadbesluit gedurende Junie 2016, dat alle munisipale diensgeldskulde wat meer as drie jaar agterstallig is, afgeskryf moes word, sê rdl. Philip van der Merwe, VF Plus raadslid in Ngwathe (Parys, Koppies, Vredefort, Heilbron en Edenville).
Die afskrywing het of glad nie of nie korrek in die rekeninge verskyn nie, alhoewel hierdie besluit van toepassing was op alle inwoners in die munispaliteit.
Die VF Plus het die rekeningprobleme na die OB in die Vrystaat verwys wat ná haar ondersoek na die rekeninge, bevind en bevestig het dat die munisipaliteit nalatig was met die uitreik van die rekeninge weens die feit dat lesings vir water- en elektrisiteitsgebruik vir ‘n geruime tyd nie gedoen is nie.
Sy het verder bevind dat agterstallige skuld in sommige gevalle die verantwoordelikheid van die departement van openbare werke was, van wie die inwoner die huis gehuur het.
Die OB het bevind en aanbeveel dat die betrokke inwoners se agterstallige skulde afgeskryf moet word, sê rdl. Van der Merwe.
Swak finansiële bestuur en onbevoegde amptenare is grootliks verantwoordelik vir enige verliese wat die munisipaliteit nou gaan ly en sulke optrede, wat die munisipaliteit in ‘n groter finansiële krisis kan laat beland, kan nie meer toegelaat word nie, lui die bevinding.
Die OB se bevindings is ‘n oorwinning vir verbruikers en inwoners van Ngwathe, maar terselfdetyd verdoemend vir die ANC–geleide munisipaliteit en amptenare wat veronderstel is om sy finansiële- en diensleweringsverpligtinge, wat insluit die lewering van gereelde korrekte rekeninge, teenoor inwoners na te kom.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button