Die polisie het onlangs statistieke wat spesifiek met plaasaanvalle te doen het bekend gestel.
Dit kom na elf jaar wat dié statistieke nie apart van die algemene misdaadstatistieke gegee is nie. Volgens die jongste statistieke vind die meeste plaasmoorde in die Noordwes plaas.
Van die 94 aanvalle wat in dié provinsie gebeur het, is 12 moorde aangemeld. Die enigste provinsie waar daar meer aanvalle aangemeld is, is Gauteng. Daar was 152 aanvalle waarvan 9 moorde was.
In totaal was daar 561 aanvalle en 47 moorde.