SportSport

Overvaal gee Smuts rugbyles

VEREENIGING. - In die land van die blindes is die eenoog koning! So lui die gesegde. Dit was Saterdag die geval toe die eerste rugbyspan van die Hoërskool Overvaal op sy tuisveld vir General Smuts High School met 48-0 in die Valke se liga om die Beeldtrofee vir mediumskole geklop het.

VEREENIGING. – In die land van die blindes is die eenoog koning! So lui die gesegde. Dit was Saterdag die geval toe die eerste rugbyspan van die Hoërskool Overvaal op sy tuisveld vir General Smuts High School met 48-0 in die Valke se liga om die Beeldtrofee vir mediumskole geklop het.

Die tuisspan het rustyd reeds met 29-0 voorgeloop, voordat die eensydige kragmeting voortydig deur die skeidsregter, Steyn Killian gestop is. Gemoedere het deurentyd opgevlam en Killian se stembande het oortyd gewerk om die spelers se berispe.

Musa Nkosi van Smuts op die aanval.
Musa Nkosi van Smuts op die aanval.

Die tuisspan het met tye goeie rugby gespeel, maar dit was eerder die besoekers se totale gebrek aan opbouende spel wat die tuisspan laat skitter het. Die wedstryd het met tye in ’n sirkus ontaard met die besoekers se gebrekkige kennis van die reëls wat soos ’n seer duim uitgestaan het.

Om ’n skoonvang te wil eis nadat die bal gehop het en ’n kwartlyn-inskop te verwag nadat die bal oorgedra en doodgedruk is, is maar net twee van die blapse wat die toeskouers op die hoofpaviljoen laat proes het van die lag. Overvaal het gestruktureerde rugby gespeel, maar spel is telkens deur ongeoorloofde spel by die afbreekpunte onderbreek. Na stringe waarskuwings, het Smuts se vyfslot Katleho Ralebakeng die veld met ’n rooikaart in die tweede helfte verlaat.

Dit het gemoedere weer laat opvlam en die teëpratery op die veld is tot nuwe hoogtes geneem. Nadat die spelers mekaar na ‘n vaste skrum “gegroet’ het, het Killian die eindfluitjie geblaas. Diegene wat gedink het die sirkus was verby, was in vir ’n groot verrassing toe ’n grootskaalse vuisgeveg na die wedstryd uitgebreek het.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button