Sport
Parys-ruiters skitter
Ruiters van die De Camarillos-ryskool het uitmuntend presteer by die SANESA Western Riding Qualifier 1 uitdunne wat op 28 April by Hoefslag in Viljoenskroon gehou is.
Die ruiters wat deelgeneem het met hul prestasies is van links Alaina Vorster, Inge Hamm (2 x eerste plekke en ’n tweede plek NW), Jody Coetsee (’n tweede en derde plek VS), Delia Weideman (4 x tweede plekke NW), Hilke Scheepers (2 x tweede plekke en ’n derde plek VS), Caitlin Strydom (3 x eerste plekke VS), Danya Barradas (1 x eerste plek VS) en Daneldi van Barneveld. Die ruiters word afgerig deur Martie Bezuidenhout.
Liané Nel het drie tweede plekke behaal.