NewsNews

Händel se Messias in Vredefort gehoor

Op 19 Mei om 18:30 word die gewilde oratorium van Händel, “Die Messias” deur die Ensemble Fons Partita in die NG Kerk in Vredefort uitgevoer.

Al is die teiken van 200 verkoopte kaartjies teen einde April nie bereik nie, is heelwat plekke reeds verkoop. Die uitvoering sal dus plaasvind, en die organiseerders maak staat op goeie verkope in die volgende twee weke sodat die koste van die konsert gedek kan word. Die Messias van Händel is een van die mees bekende werke vir koor en orkes en word dikwels uitgevoer, meestal om Paasfees en Kersfees.
Die bekende Hallelujakoor vorm een van die dele van hierdie werk, wat vir orkes, koor en vier sangsoliste geskryf is. In die komende uitvoering lei die bekende barokvioliste, Antoinette Lohmann, van Amsterdam die orkes.
Kaartjies kan onmiddellik bespreek word by Gerhard Benade, verkieslik per e-pos aan gerhard@deelfontein.co.za, of andersins per SMS aan 083 280 9784. Persone wat wil help om kaartjies te verkoop, kwalifiseer met elke 10 verkoopte kaartjies vir een gratis kaartjie. Kontak Gerhard vir besonderhede. Toegang is R100 per persoon. Meer inligting is op www.deelfontein.co.za te sien.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button