NewsNews

Wys jou steun vir Parys sê NEE-dwelmveldtog

Het jy al jou steun vir die “Parys sê NEE vir dwelms-veldtog gegee? Die veldtog word hier gehou van 1-12 Junie en sal na verwagting ook na ander dorpe uitgebrei word. Dit is ’n projek van die SAPD en Landelike Gemeenskap Veiligheid (LGV), in samewerking met Koepel Stereo en Parys Gazette, met die steun van …

Het jy al jou steun vir die “Parys sê NEE vir dwelms-veldtog gegee? Die veldtog word hier gehou van 1-12 Junie en sal na verwagting ook na ander dorpe uitgebrei word.

Dit is ’n projek van die SAPD en Landelike Gemeenskap Veiligheid (LGV), in samewerking met Koepel Stereo en Parys Gazette, met die steun van Pathcare. Die veldtog behels dat mense uit die gemeenskap vrywillig en heeltemal gratis ’n siftings dwelm-urientoets kan laat doen gedurende die tydperk van die veldtog. Die gedagte is dat mense die boodskap teen dwelmgebruik hiermee sigbaar sal uitdra, deur veral as sakegemeenskap mense te motiveer om op te staan teen dwelmgebruik, en nie te huiwer om jouself te laat toets nie.

Waar positiewe resultate gekry word, sal dokters wat deel is van die veldtog, self die persoon konsulteer, veral waar die gebruik van medikasie die toets kon beïnvloed het. Daar word nie na skuldiges gesoek nie, maar eerder gepoog om die boodskap teen dwelmgebruik en die hartseer daaraan verbonde, in ’n gemeenskap uit te dra. Die projek sal op 1 Junie by die Parys-rolbalklub afskop wanneer prominente figure uit die gemeenskap hier vrywillig aan die projek sal deelneem en hulle gaan laat toets.

Daarna sal ’n beperkte aantal toetse tot 12 Junie gratis by Patchcare in Boomstraat gedoen word, Maandae tot Vrydae vanaf 09:00 tot 17:00. Na 12 Junie sal die projek voortgesit word. Kom ons as sakegemeenskap, ouers en individue probeer op hierdie manier daadwerklik self iets doen om te wys die gemeenskap‘nee’ sê vir dwelmverslawing en dwelmhandel.

Related Articles

Back to top button