NewsNews

Vrae oor mes en rewolwerhoue

Minstens vier pare skoene waaronder die skoene van Wian van der Westhuizen, en Wicus van der Westhuizen asook twee paar skoene van Loedie van der Westhuizen en ‘n waaierband is na die moord op Samuel Tjixa en Simon Jubeda tussen die landerye op die plaas Issie verbrand nog voordat die Valke daarop kon beslag lê.

So het nog n 204-getuie vir die staat, die 22-jarige Wian van der Westhuizen, Maandag voor regter Corné van Zyl in die Hoë Hof in Parys getuig in die saak teen ses mans wat aangekla is van die moord op Jubeda en Tjixa. Die staat voer aan dat Jubeda en Tjixa op 6 Januarie 2016 sodanig aangerand is op die plaas Swartklip in die Weiveld-distrik, dat hulle kort daarna in twee verskillende hospitale aan hul beserings beswyk het.
Die beskuldigdes in die saak is Boeta van der Westhuizen en sy seun Loedie, Miela Jansen van Vuuren, Anton Loggenberg en sy seun, Cor, en kapt. Henk Prinsloo.
Wian het getuig dat hy besig was om mielies te plant op sy oom, Vicky van der Westhuizen se plaas, Weiveld, waar hy ‘n algemene werker is, toe die voorman, Fanie Oosthuizen laatmiddag laat weet het dat Loedie Sr op sy plaas aangeval is. Verskeie boere het nadat Loedie Sr die paniekknoppie gedruk het, hulle gehaas om hom te hulp te snel.
Wian is saam met sy neef Muller van der Westhuizen na die toneel, en het aanvanklik in ‘n bloekombos na die verdagtes gesoek, toe hulle gehoor het dat die verdagtes oor die plaas Swartklip beweeg het met die honde wat agter hulle aan was.
Hierop is Wian en Muller na Swartklip waar daar reeds verskeie ander mans was.
Hy het getuig oor wat gebeur het op wat hy as ‘n “bewegende toneel” beskryf het en gesê dat hy onder meer vir Loedie gesien het waar hy besig was om een van die verdagtes te klap en te skop terwyl hy vir hom vrae gevra het. Ook dat hyself die langer verdagte op sy lyf begin skop het en gevra het waar die vuurwapen was wat oënskynlik in die aanval op Loedie van der Westhuizen Sr gebruik is. Dat hy die langer verdagte aan sy arm opgetrek het en sy voet op sy gesig gesit het.
Muller van der Westhuizen, het volgens sy getuienis een van die verdagtes heuphoogte opgetel en hardhandig op die grond neergedruk.
Verder is getuig dat Boeta van der Westhuizen glo op een van die verdagtes sou geskree en hom geskop het, en ook met ‘n rewolwer
oor die kop geslaan het. Op daardie stadium het die verdagte stil gelê, het Wian aan die hof gesê.
Wian het ook oor Anton en Cor se bewegings op die toneel getuig en gesê dat Cor een van die verdagtes met ‘n beeskierie verskeie kere oor sy bene geslaan het, terwyl Anton op die verdagte se kop “getrap” en “gespring” het.
Hy sê hy het gesien hoe een van die mans se hande agter sy rug vasgemaak word en hoedat Muller en nog iemand die verdagte toe agterop Anton se bakkie gelaai het waar die ander verdagte reeds was.
Hy het getuig dat hy en Muller toe gery het, nadat hulle gehoor het daar moontlik ‘n derde verdagte was. Hulle kon egter niemand kry nie.
Volgens Wian is hy en Muller daarna huistoe.
Hy was egter nie seker hoe lank na die voorval Muller aan hom sou gesê het dat hulle na Boeta se huis moet gaan om almal wat geskop het se skoene te gaan verbrand. Muller wou nie sy skoene brand nie, omdat hy gesê het hy nie na die verdagtes geskop het nie, het Wian getuig.
In kruisondervraging het die verdediging se adv. Koenie Pieterse
gewys op verskeie aspekte waaroor Wian nie getuig het nie soos die Leatherman-mes wat hyself na een van die oorledenes gegooi het en wat een van die oorledenes aan die kant van sy gesig getref het. Hy het daarop gewys dat vroeër deur van die ander getuies getuig is dat Wian die mes meer as een keer sou gegooi het, terwyl Wian volgehou het dat dit een keer was.
Pieterse het dit aan Wian gestel dat wanneer sy eie aandeel ter sprake kom, hy dit versag. Wian het die stelling ontken.
Pieterse het ook vrae gehad oor vroeëre getuienis dat Wian die dag na die aanval kruppel was en dat dit waarskynlik aan die skoppe te wyte was. Pieterse het die stelling gemaak dat ‘n mens redelik hard moet skop om kruppel te loop, waarop Wian geantwoord het dat die skoppe nie so hard was nie, maar dat sy enkels swak is as gevolg van ‘n motorfietsongeluk.
In kruisondervraging is verskeie teenstrydighede oor die houe met die rewolwer ook uitgewys. Volgens Wian het hy bloed sien loop van die man se kop en gesig nadat hy met die rewolwer teen sy voorkop en gesig geslaan is.
Pieterse wou weet hoeveel keer Boeta die verdagte sou geslaan het, waarop Wian aangedui het dat dit verskeie kere was, en dat ‘n rewolwer nie sou breek van net een hou nie.
Pieterse het aan Wian gesê dat vroeër in die hof getuig is dat die rewolwer al voorheen gebreek het en stukkend was. Hy het ook verwys na die patologiese verslag wat aandui het dat daar net een wond in die oorledene se gesig onder die linkeroog was. Verder het Pieterse gesê dat hy meer wonde sou verwag het as daar verskeie houe was.
Wian van der Westhuizen en van die ander 204 getuies was vroeër ook vir die moorde aangekla, maar het later op advies van adv. Barry Roux besluit om vir die staat te getuig.

2

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button