NewsNews

Oom dood – oor ‘n tjoklit

Freddie Brown (69), wat aan alzheimersiekte gelei het, is vir winkeldiefstal in hegtenis geneem na hy vergeet het om vir die Top Deck-sjokolade van R7.99 te betaal.

Sam Msana Masango, wat by die Kriel-polisiekantoor in Mpumalanga gewerk het, waar Brown dood is, verskyn Maandag in die hof. Hy het intussen as reservis bedank en werk nou glo op die myne.

Brown is die oggend van 8 Julie 2008 na die plaaslike Shoprite waar hy vergeet het om vir die sjokolade te betaal. Hy het dikwels vergeet, maar almal op die dorp het geweet sy familie sal instaan wanneer hy vergeet om vir iets te betaal. Shoprite het egter die polisie gebel, waarna Brown in hegtenis geneem is. Hy is alleen in ‘n sel in die polisiekantoor gesit. Sy lyk is later in ‘n plas bloed gevind. Hy het ook ‘n wond aan sy agterkop gehad.

Volgens Willem Steyn, Brown se skoonseun, was sy korttermyngeheue aangetas, maar hy kon nog goed funksioneer en het gereeld dorp toe gery vir brood en melk. Verskeie winkels, onder meer Shoprite, is deur Brown se familie in kennis gestel van sy siekte en dat hulle sal betaal wanneer hy vergeet om iets te betaal.

Op die spesifieke dag het hy sy beursie ook by hom gehad en dit is nie asof hy nie kon betaal nie.

‘n Vriendin van die haarsalon het Brown se familie in kennis gestel dat hy gearresteer is. Volgens Steyn wou die polisie nie dat hy sy skoonpa sien nie omdat hy glo aggressief was. Die polisie het gesê hulle kan 19:00 terugkom, maar toe is Brown reeds dood.

Sy lyk het by die seldeur onder ‘n stuk plastiek gelê, sy kunstande was uit, sy trui vol bloed en daar was ‘n gat agter in sy kop. Volgens die geregtelike doodsondersoek is iemand verantwoordelik vir sy dood en die staat het besluit om te vervolg.

Nou 10 jaar later is Masango as die verdagte geidentifiseer.

Bron: Rapport

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button