Verhoor eers Maandag hervat
Die verhoor van die ses mans van Parys wat tereg staan op twee aanklagte van moord na die dood van Simon Jubeda en Samuel Tjixa op 6 Januarie 2016, sal nou eers Maandag 7 Mei in die hooggeregshof in Parys voor regter Corné van Zyl hervat word.

Die verhoor sou Woensdag 2 Mei hervat het en is op die hofrol geplaas tot 18 Mei.
Die staat voer in sy saak aan dat Boeta van der Westhuizen, sy seun Loedie, en skoonseun Miela Jansen van Vuuren, Anton Loggenberg en sy seun Cor, en kapt. Henk Prinsloo, glo die oorledenes op 6 Januarie 2016 sodanig sou aangerand het op die plaas Swartklip in die Weiveld-distrik, dat hulle kort na die voorval aan hul beserings onderskeidelik in die Parys- en Pelenomi-hospitale beswyk het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



