NewsNews

Dertiende Dome Rally bring bykans 3 000 motorfietsryers na Parys

Die dertiende Dome Rally is die afgelope naweek in Parys gehou met nagenoeg 3 000 motorfietsryers wat hier saamgetrek het.

Die massa-optog wat Saterdagoggend net buite die dorp gehou is as deel van die Dome Rally.

Daar is van heinde en verre gekom om deel te neem aan die pret by die Mimosa Tuine, waar baie te sien en te doen was vir die motorfietsryers. Heelwat vermaak en musiek is ook aangebied.
Die saamtrek was ’n  sukses met geen voorvalle wat aangemeld is nie.  Die motorfietsryers sê dankie aan die publiek van Parys, die organiseerders, verkeer en ambulansdienste, asook die SAPD.
Verskeie plaaslike sakeondernemings is deur die motorfietsryers ondersteun en veral die massa-optog het groot byval gevind by toeskouers sowel as die motorfietsryers.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button