

Daar is van heinde en verre gekom om deel te neem aan die pret by die Mimosa Tuine, waar baie te sien en te doen was vir die motorfietsryers. Heelwat vermaak en musiek is ook aangebied.
Die saamtrek was ’n sukses met geen voorvalle wat aangemeld is nie. Die motorfietsryers sê dankie aan die publiek van Parys, die organiseerders, verkeer en ambulansdienste, asook die SAPD.
Verskeie plaaslike sakeondernemings is deur die motorfietsryers ondersteun en veral die massa-optog het groot byval gevind by toeskouers sowel as die motorfietsryers.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



