NewsNews

Parys het JOU stem nodig

Parys is die VS finalis in vanjaar se Kwêla Dorp van die Jaar-kompetisie, aangebied in samewerking met Afrikaans.com, KIA en National Accommodation Association of South Africa (NAA SA).

Die publiek kan vanaf 27 Mei om 18:00 tot 1 Junie 2018 om 12:00 vir vanjaar se wendorp stem.
Die wendorp word op 17 Junie op Kwêla aangekondig. Die dorp wen ’n ongelooflike R1-miljoen se bemarkingswaarde van kykNET. Homebrew Films, die vervaardigers van Kwêla, sal ’n 45-sekonde advertensie oor die dorp vervaardig wat gedurende kykNET se advertensietyd uitgesaai sal word. Daar sal ook ’n groot KIA-dorp-van-die-jaar-makietie in die wendorp gehou word.
Wees trots Parys en stem vir JOU dorp deur die woord Parys te sms na 33157 tussen 27 Mei en 1 Junie om 12:00. Sms’e kos R1,50 en slegs 30 sms’e  per nommer word toegelaat. Die Kwêla-span was reeds verlede week hier om met Parysenaars te gesels en beeldmateriaal van die dorp te verfilm.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button