LetterOpinions

Gif noodbehandeling: Spoed kan jou dier se lewe red!

Belangrik - kry so spoedig moontlik jou hond aan die braak.

  1. Dien 15ml waterstof peroksied (Hydrogen peroxide solution B.P. 10 volume 3%m/m”) stadig toe met ‘n spuit en laat die dier dit mondelings inneem. Voorkom asseblief dat dit in die longe beland of
  2. Alternatiewelik kan 1 teelepel seeppoeier opgelos in ‘n koppie lou gekookte water met ‘n spuit toegedien word op dieselfde wyse. Verhoed asseblief dat dit in die longe beland.
  3. Na braking, gee die dier 5-6 geaktiveerde houtskool tablette (houtskoolpille) wat te koop is by die apteek. Ook bekend as “Activated charcoal”, wat dien om oorblywende gif in die maag te neutraliseer/absorbeer.
  4. Indien geen van bogenoemde beskikbaar is nie, neem 4 snye witbrood en verbrand dit tot houtskool in die oond. Maak effe klam met lou gekookte water en forseer dit met die vinger ater in die keel stadig in en sorg dat die dier dit normaal sluk.

Daar is 2 belangrike gifsoorte:

  1. Two-step of Aldicarb vergiftiging: Volg altyhd in alle gevalle bogenoemde stappe 1 of 2 en 3. By hierdie tipe vergiftiging word die teenmiddel Atropien binne-aars toegedien. Bespreek vroegtydig hierdie moontlikheid met jou veearts. Die veearts sal jou ook kan adviseer oor die gebruik van kortisoon, Vitamien B en antihistamiene soos Allergex en 10mg Phenergen.
  2. Rottegif: Volg altyd in alle gevalle bogenoemde stappe 1 of 2 en 3. Jy kan Kyrovite of Vitamien K oor die toonbank bekom. Weereens bespreek die behandeling ook met jou veearts. Die inspuiting moet ook verkieslik binne-aars toegedien word, andersins onderhuids. Die veearts sal jou ook kan adviseer oor die gebruik van kortisoon, Vitamien B en antihistamiene soos Allergex en 10mg Phenergan.

Paddas

Volg stappe 1 of 2 en 3 hierbo – daarna kan ‘n klein bietjie vleis sagmaakmiddel of pynappelsap of papajapoeier, asook die skil in die mond gesmeer word in ‘n poging om die proteïenketting van die speeksle te breek. Braking kan beheer word met ‘n pediatriese Valoid setpil (of ander middels geskik vir babas). Setpille word vinnig opgeneem en nie uitgebraak nie. Gee daarna vloeistof soos rooibostee, nartjie Energade, water enóf bokmelk om te drink.

Glasstukke ingesluk

Neem ‘n sny brood, smeer dik mayonaise neem 4-5 watteballetjies en versprei eweredig oor die sny brood. Vul weer op met mayonaise en vissmeer/Marmite of soortgelyk. Knip met ‘n skêr of sny die toebroodjie in 1cm vierkante en gee dit in. Die watte haak om die glasstukke en bind daarom en behoort redelik gemaklik deur die spysverteringstelsel uit te skei. Gee daarna ook 2-3 eetlepels aptekersparaffien in om die dermkanaal verder te smeer.

Hierdie dokument dien as algemene kennis en die raad word op eie risiko gevolg.

– Pierre van Niekerk

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button