NewsNews

Verhoor van 6 eers môre hervat

Die saak teen die ses mans van Parys wat tereg staan op twee aanklagte van moord na die dood van Simon Jubeda en Samuel Tjixa op 6 Januarie 2016, sal eers môre 3 Mei om 10:30 in die hooggeregshof in Parys voor regter Corné van Zyl hervat word.

 

 Dit volg nadat die verhoor wat vandag  hervat sou word, vanoggend deur landdros Gustav Prinsloo, na môre uitgestel is. Die saak is op die hofrol geplaas tot 18 Mei, en daarna weer van 4 tot 8 Junie.

Sedert die hof in November verdaag het, is die verdediging se adv. Nico Dreyer, wat  saam met prokureurs Kobus Burger, Hannes Grimbeek en Gideon Mandelstam verskyn het namens Boeta van der Westhuizen, sy seun Loedie, en skoonseun Miela Jansen van Vuuren, Anton Loggenberg en sy seun Cor, en kapt. Henk Prinsloo, vroeër vanjaar in die ouderdom van 54 jaar oorlede.

Indringende besluite moes hierna geneem word en is adv. Koenie Pieterse van Bloemfontein tot die verdediging se regsspan gevoeg. Die verhoor die afgelope twee jaar het reeds verskeie uitdagings en wendings gehad.

Die staat voer in sy saak teen die ses beskuldigdes aan dat hulle glo die oorledenes op 6 Januarie 2016 sodanig sou aangerand het op die plaas Swartklip in die Weiveld-distrik, dat hulle kort na die voorval aan hul beserings onderskeidelik in die Parys- en Pelenomi-hospitale beswyk het.
Die oorledenes is daarvan verdink dat hulle betrokke was by ’n plaasaanval vroeër die betrokke dag by Boeta se pa, Loedie van der Westhuizen (sr) wat intussen ook oorlede is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button