NewsNews

AfriForum Parys-tak bekommerd oor standaard van rioolwerke

Die AfriForum-tak in Parys het verlede maand dié dorp se drink- en rioolwater getoets as deel van die organisasie se jaarlikse blou-en-groendruppelprojek.

 

 

 Dit blyk dat daar rede tot kommer is aangesien die rioolwatertoets vir sowel E. coli as fekale koliforme gereageer het.

 

Dié kwessie is by mnr. Bruce Kannemeyer, munisipale bestuurder van die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit, aangemeld en hy is gemaan om sy onverwylde aandag daaraan te gee. In ’n skrywe aan Kannemeyer maak die plaaslike AfriForum-tak ook melding van voortdurende rioollekkasies in Shochetstraat, wat ’n groot gesondheidsrisiko vir inwoners inhou.

 

Die tak se toetse op kraanwater wat gedoen is by die Parys Primêre skool,  dui daarop dat die dorp se drinkwater wel aan gestelde regulasies voldoen. Daar heers egter steeds kommer oor drinkwater, aangesien dit op ’n gereelde basis vuil lyk.

 

“AfriForum is bekommerd oor die toestand van die water in Parys. Dit is die munisipaliteit se plig om skoon water aan die gemeenskap te voorsien. Die AfriForum-tak sal daarom voortgaan om druk op die munisipaliteit te plaas totdat hierdie probleem aangepak word,” sê Stephen Nel, AfriForum se assistentkoördineerder vir die Sentraal-streek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button