NewsNews

Dit is nie net Parys wat sukkel met water nie

Die Gariepdam loop oor, maar inwoners se krane is leeg weens wanbetaling

 

Die VF Plus het die Vrystaatse waarnemende LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, Tate Makgoe, versoek om maatreëls in plek te stel om die watertoevoer na inwoners van die dorp Gariepdam in die Kopanong-munisipaliteit te herstel. Die dorp kry sy water van Bloemwater.

 

Terwyl die Gariepdam by die dorp oorloop, sit inwoners ironies genoeg sonder water weens wanbetaling van die munisipaliteit aan sy waterverskaffer.

 

Die VF Plus het klagtes van inwoners op die dorp gekry waar water sedert Sondag nie gelewer word nie weens agterstallige skuld. Bloemwater het op navraag gesê hy wag vir betaling van Kopanong voordat water weer gelewer sal word.

 

Watervoorsiening in die Vrystaat weens wanbetaling deur munisipaliteite moet dringend aandag van die departement kry, aangesien betalende inwoners van hul reg op skoon water, soos vervat in Artikel 27 van die Grondwet, ontneem word.

 

Swak finansiële bestuur deur Kopanong wat Bloemwater teen Desember 2017 R218 miljoen geskuld het, lei daartoe dat inwoners van Gariepdam nie dienste kry nie.

 

Dit is die verantwoordelikheid van Kopanong om seker te maak dat diensverskaffers betaal word, maar ook die verantwoordelikheid van Bloemwater om te sorg dat skuld ingevorder word en nie ‘n punt bereik waar dienste gestaak moet word nie.

 

Die VF Plus sal ‘n klag hieroor by die Verbuikerskommissie indien teen Kopanong-munisipaliteit en Bloemwater.

 

Die VF Plus is van mening dat dit ‘n oortreding van die Verbruikerswet is om betalende verbruikers te ontneem van dienste waarvoor hul betaal weens ‘n munisipaliteit se wanbetaling en swak finansiële bestuur.

Foto: Dirk Grobler – Februarie 2017

Foto: Douwe Vlok, April 2018

Foto: Douwe Vlok – April 2018

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button