NewsNews

Kuier saam by Huntex

Solidariteit Helpende Hand het ‘n opwindende nuwe projek wat die week by Huntex bekendgestel word.

Die #HelpJag-projek skep hoop vir kinders wat alreeds hoop verloor het. Kinders wat vantevore elke aand honger gaan slaap het, gaan nou, danksy die projek, rustig kan droom oor ‘n blink toekoms.
Help ons om hierdie kinders te ondersteun met ‘n gebalanseerde maaltyd elke dag. Jy kan hulle lewens verander!
Oud-rugbyspeler, Bakkies Botha en bekende sanger, Adam Tas is die projek se ambassadeurs en sal ook te siene wees by Huntex.
Besoek ons stalletjie in Saal 5, 501A en staan die kans om groot pryse te wen!
Lees meer oor die #HelpJag-projek

Helpende Hand deel gehoorapparaat ter waarde van R2,3 miljoen uit
Solidariteit Helpende Hand het vanjaar opnuut weer bewus geword van die swaarkry van ons land se bejaardes. Armoede, eensaamheid en siektes maak die lewe vir ons oumas en oupas baie moeilik. Een probleem waarmee baie van hulle sukkel is gehoorverlies.
Helpende Hand, in samewerking met Impact Hearing gaan vanjaar 25 bejaardes met twee gehoorstukke elk help, om hierdie mediese nood wat so algemeen onder bejaardes voorkom, te verlig. Vanaf 2015 het Helpende Hand al sowat 138 bejaardes gehelp met gehoorstukke ter waarde van R2.3 miljoen.
Gaan lees meer oor hoe die projek werk hier.
Beskerm jou gehoor
Dit is egter nie net bejaardes wat met hulle gehoor sukkel nie, maar jongmense ook.
Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie is daar 360 miljoen mense wat wêreldwyd met gehoorverlies sukkel en is daar ’n miljard jongmense wat die gevaar loop om hulle gehoor te beskadig.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button