NewsNews

Grondwethof-oorwinning: Transnet-pensionarisse se stryd was geloofsaak

Die VF Plus het vandeesweek in 'n verklaring gesê die party is verheug oor die Grondwethof-uitspraak ten gunste van die Transnet-pensioenarisse aangesien die aangeleentheid vir die sowat 40 000 verarmde pensioentrekkers, wat groot lyding deurgaan, ʼn geloofsaak geword het.

 

 

Die partye sê in die verklaring dankie vir die goeie werk wat die onafhanklike regspan in die saak gedoen het wat ʼn deurslaggewende rol in die positiewe uitslag gespeel het.

 

“Ek het sowat drie weke gelede met die minister van finansies, mnr. Pravin Gordhan, oor die saak gepraat en hom gewys op die effek wat dit op Transnet en die staat kan hê indien die Grondwethof teen Transnet sou beslis, soos nou gebeur het,” sê adv. Anton Alberts die party se parlementêre woordvoerder vir vervoer.

 

“Op die minister se versoek het ek ‘n skrywe aan hom gestuur waarin die hele aangeleentheid volledig uiteen gesit is. Hy het dit ontvang en het toe reeds begin om die kwessie te ondersoek.””

 

Die VF Plus sal nou met meer gesag die gesprek met min. Gordhan opvolg sodat hy so gou doenlik met die regspan in gesprek kan tree om hopelik ‘n spoedige en billike skikking te beding vir onmiddellike verligting vir die pensioenarisse.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button