NewsNews

VIDEO: Slagting van Wildebeest nie in Potch

‘n Video wat wys hoe ‘n groep mense, wat met honde jag, ‘n Swart Wildebeest met ondermeer ‘n graaf slag is nie in Potchefstroom geneem nie.

‘n Video wat wys hoe ‘n groep mense, wat met honde jag, ‘n Swart Wildebeest met ondermeer ‘n graaf slag is nie in Potchefstroom geneem nie.

Dié video is vandag (25 April) op die Potchefstroom Facebookblad gedeel. Die persoon wat dit gedeel het, het mense gevra of enige iemand kan bevestig dat dit in Potchefstroom gebeur het.

Alhoewel sommige mense gesê het, dat hulle van sulke tipe gevalle in Potch gehoor het, kon niemand bevestig nie.

Volgens Darren Kruger, voorsitter van Paws, het hulle dadelik ondersoek in gestel.

“Die Paws inspekteur het verskeie mense gekontak om te probeer uitvind wie die video geneem het,” het hy gesê.

Intussen het PAWS op ‘n Facebook inskrywing afgekom wat gister (24 April) opgelaai is. In dié inskrywing word daar genoem dat die voorval in die Oos-Kaap plaasgevind het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button