NewsNews

Opbreek van Wesstraat gestuit

Kontrakteurs wat ’n addisionele rioolpyplyn vanaf Tumahole na die rioolaanleg wes van die ou begraafplaas begin bou het, moes Maandag hul werk onderbreek nadat DA-raadslede dringende vrae oor die kontrak self, en ook oor die beoogde roete van die nuwe pyplyn, begin vra het.

Die DA het ook vrae oor die kontrakteur, (‘n firma uit Limpopo), en wat hulle noem ‘n “algehele en onwettige gebrek aan openbare deelname” vir die projek. DA-raadslid Saal de Jager (Wyk12) sê hy het onlangs gehoor ‘n nuwe rioolpyplyn vanaf Tumahole is nodig en dat dit in die munisipale vleigrond wes van Allenbystraat gelê gaan word. “Maar verlede Donderdag sien ek slote word gegrawe en pype gelê langs die ou begraafplaas en werkers sê hulle gaan die hele Wesstraat ook opgrawe.”
Hy sê dit sou onwettig wees sonder vooraf openbare deelname. Hy het rdl. Arnold Schoonwinkel, die DA-raadslid op die munisipale oorsigkomitee, MPAC, toe oor die situasie ingelig. Rdl Schoonwinkel het dadelik navraag gedoen by die omgewingskonsultant vir die projek. Volgens rdl. Schoonwinel is daar erken belangrike wetsvoorskrifte is verontagsaam. Op sy aandrang het hulle dit ook skriftelik erken. Hy het aan  Gazette gesê hy het toe ‘n dringende vergadering van die MPAC aangevra. Hierdie waghondkomitee sou na verwagting vandag (Donder-dag) byeen-kom. Schoon-winkel sê hy gaan vrae oor die projek opper, veral waarom niemand daarvan weet nie, wie daaroor besluit he.t en waarom Wesstraat gekies is.”

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button