NewsNews

WAARDEERDERS BY GEWILDE ANTIEKMARK

Meimaand in Potchefstroom is sinoniem aan die Museum se jaarlikse Kuns- en Antiekmark by die President Pretoriusmuseum (Thabo Mbeki-laan – regoor Laerskool Mooirivier). Vanjaar se mark sal plaasvind op Saterdag, 5 Mei 2018 vanaf 9:00 tot 16:00.

 

Die gewilde snuffelmark is die ideale plek om te kom soek vir ou artikels uit toentertyd se dae.  Die mark is veral gesog onder versamelaars van ou boeke, porselein, antieke meubels, speelgoed,  gebruiksartikels  en  vele meer. Volgens ‘n bekende interieur-konsultant,  is dit tans hoogmode om in binnenshuisversiering  antiekeware met  meer moderne ameublement en gebruiksartikels te kombineer. Vir bewaarders is dit goeie nuus, want op hierdie manier word ons materiële erfenis vir die nageslag bewaar.

 

As jy wil weet wat die waarde van jou kosbaarhede is, moet jy nie die geleentheid laat verbygaan om Miems Lamprecht  te kontak  by 018 2995042 vir ‘n afspraak met die waardeerder tydens die Antiekmark  nie.  Die  firma Gilfillian Scott-Berning het weer aangebied om waardasies teen R25 per item te doen.  Die waardasie-sessies sal tussen 10:00 en 14:00 in die woning van die voormalige President plaasvind.

 

Die publiek gaan ook die geleentheid kry om  kosteloos hul oortoliige ougoed in kontant om te sit. By die museum se wit olifantstafel kan belangstellendes 10 of minder items self kom verkoop.  Die Museum het ook 3m X3m stalletjies teen R250 beskikbaar vir diegene wat heelwat meer ou artikels wil kom verkoop.  Slegs ‘n beperkte aantal stalletjies is nog beskikbaar.  Kontak gerus vir Elmarie Weyers by 018 2995021 of elmariew@jbmarks.gov.za vir ‘n inskrywingsvorm en agtergrondsinligting.

 

Die President Pretoriusmuseum was die woning van Marthinus Wessel Pretorius, die eerste President van die Zuid-Afrikaansche Republiek en stigter van Pretoria. Hy het tussen 1868 en 1893 op die plaas gewoon en het self die woning, smidswinkel, waenhuis en stal opgerig.   As oudste seun van die bekende Voortrekkerleier, Andries Pretorius het hy ook op 16 Desember 1838 aan die Slag van Bloedrivier deelgeneem.  Hy is op 19 Mei 1901 as 81-jarige oorlede nadat Britse soldate hom in die nag wakker gemaak het vir ondervraging en hy daarna siek geword  het.

 

Almal is welkom. Kom geniet ‘n koppie moerkoffie en varsbebakte brood en kuier met familie en vriende onder die ou eikebome wat na bewering deur die President self aangeplant is.

 

 

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button