NewsNews

Absa het tegniese uitdaging met app, aanlyn dienste

As jy vanoggend van Absa se aanlyn dienste gebruik wou maak, was jy nie die enigste wat probleme ervaar het met Absa se app en internetbankdienste nie.

 

Netwerk 24 berig dat Absa vroeg vanoggend (Woensdag 25 April) bevestig het hy ‘n tegniese uitdaging het en dat beide sy app en internetbankdienste buite werking is.

Petrus Malherbe van Netwerk 24 berig dat dit nog nie duidelik is wat die probleem veroorsaak nie maar dat Absa op Twitter bevestig het dat tegnici aandag aan die probleem gee.

Standard Bank se internetbankdienste was volgens Netwerk 24 begin Maart vir meer as 24 uur onderbreek, ook weens tegniese probleme.

(Bron: Netwerk 24)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button