Netwerk 24 berig dat Absa vroeg vanoggend (Woensdag 25 April) bevestig het hy ‘n tegniese uitdaging het en dat beide sy app en internetbankdienste buite werking is.
Petrus Malherbe van Netwerk 24 berig dat dit nog nie duidelik is wat die probleem veroorsaak nie maar dat Absa op Twitter bevestig het dat tegnici aandag aan die probleem gee.
Standard Bank se internetbankdienste was volgens Netwerk 24 begin Maart vir meer as 24 uur onderbreek, ook weens tegniese probleme.
(Bron: Netwerk 24)