
* Maak seker dat jou motor in ’n uitstekende meganiese toestand is om die kanse dat jy sal gaan staan, te verminder.
* Moenie pakkies of persoonlike artikels sigbaar of op die motorsitplekke laat nie. Sluit dit in die kattebak toe.
* Hou jou deure gesluti en jou vensters toe wanneer jy bestuur.
* Parkeer jou motor snags in ’n goed verligte area.
* Moet nooit rylopers oplaai nie.
* Wees op jou hoede vir vreemdelinge wat jou motor by verkeersligte nader.
* As jy agtervolg word, ry na jou naaste polisiestasie.
* Indien jy deur enige persoon bedreig word, druk jou toeter aanhoudend.
Mense wat navrae het kan a.o. Jan le Roux by die Parys-polisiestasie skakel by (056) 816 2529



