BlogsOpinionsSportSport

Lees tussen die lyne: “Hier kom die “Moubokke”

Eintlik is dit nie iets nuut vir die Bokke om met die Springbok op die mou uit te draf nie. Tog bly dit elke keer ’n teer punt vir ondersteuners.

Eintlik is dit nie iets nuut vir die Bokke om met die Springbok op die mou uit te draf nie. Tog bly dit elke keer ’n teer punt vir ondersteuners.
Met die 2015 Wêreldbeker om die draai het die Bokke hulle wêreldbekertruie bekendgestel – weer, soos in 2011, met die Springbok op die linkermou. SARU was vinnig om te verduidelik dat die besluit nie deur hulle geneem is nie.
Volgens hulle mag daar net drie logo’s voor op die truie vir die wêreldbeker wees, waarvan die truie-borg en die wêreldbeker-logo deel moet wees. Dit laat dus net plek vir nog een.
Volgens regeringsriglyne moet die nasionale sportembleem, die Protea op alle nasionale spanne se sportdrag wees.
SARU gee darem toe dat hulle die bemarkingskrag van die Springbok besef en daarom is dit op die mou geplaas.
Die vraag is dan, indien SARU die bemarkingskrag van die Springbok embleem besef, waarom hulle nie meer doen om dit voor op die trui te behou nie?
Dis te verstane dat daar eenheid geskep wil word onder alle sportkodes met die Protea-embleem, maar is dit dan ten koste van meer as 100 jaar se trotse rugbygeskiedenis? Veral wanneer daar in ag geneem word hoe fanaties Springbok-ondersteuners is.
Qondisa Ngwenya het al in 2004 ’n verlies in inkomste voorspel as die Springbok-embleem weggeneem gaan word. Politiek in sport is soos politiek en geloof. Dit meng nie. In 1994 het oud-president Nelson Mandela self seker gemaak dat die Springbokke met die Springbok-embleem hulle aanslag op die 1995 wêreldbeker maak. Nadat ons die beker gewen het, het Dan Qeqe, ’n prominente sportadministrateur in die Oos-Kaap wat baklei het vir nie-rassigheid in sport, gesê: “Die Springbokke speel vir ons almal.”
Ek sê nie ons moet vergeet van die rassistiese geskiedenis van Suid-Afrika nie, maar kom ons skeep nie af aan die Springbok as ’n embleem van alles wat ons as ’n nasie al in sport bereik het nie.
Die Springbok-embleem behoort nie aan ’n groep mense nie, die behoort aan Suid-Afrika.
Kom ons wees eerlik, nie Bafana Bafana (kan nie punte aanteken nie) of die Proteas (“chokers”) gee ons baie hoop nie. Gee die Springbok sy plek op die hart van elke Springbok rugbyspeler!
Darem gaan die ondersteuners se “selfies” op die nommers van die bokke wees, dalk is dit ’n vertroosting vir ons ondersteuners wat dink die bok moet voorop

Related Articles

Back to top button