NewsNews

Knak korrupsie só

Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaat vervolgingseenheid, het op 19 April op uitnodiging van dié organisasie se Potchefstroom-tak die gemeenskap van Potchefstroom en omliggende dorpe oor korrupsie en privaat vervolging toegespreek.

 

 

 

Dié besoek vorm deel van AfriForum se Knak Korrupsie-veldtog wat onder meer fokus op korrupsie-opleiding, wat korrupsie behels, asook hoe die publiek dit kan bekamp. Tydens hierdie interaktiewe sessie het die gehoor die geleentheid gekry om vrae aan adv. Nel te stel.

 

Adv. Nel het die publiek aangespoor om saam te staan en korrupsie te beveg deur nie aan korrupte aktiwiteite deel te neem nie, korrupsie aan te meld en by plaaslike gemeenskapstrukture soos AfriForum betrokke te raak.

Related Articles

Back to top button