CommunityNews

Noordwes motorskou is om die draai

Die Nederduitsch Hervormde Kerk van Potchefstroom bied op Dinsdag 1 Mei vir die 26ste jaar die Noordwes Motorskou aan.

 

’n Verskeidenheid ou motors en motorfietse van heinde en verre gaan hier uitgestal word en motorliefhebbers sal hul aan die pragmasjiene kan verkyk.

Daar gaan ook ’n basaar wees waar heerlike basaarpoeding, kerrie en rys, pannekoek, pap en kaiings, tuisgebak, vleis, boerewors, sosaties, vetkoek, hamburgers, koeldranke en vele meer te koop gaan wees.

Vir die wat van oudhede hou, gaan daar ook ’n antieke meubelveiling plaasvind. Mense kan antieke meubels na die veiling bring of hul droomitem kom koop.

Musikante gaan ook heeldag seker maak dat almal na pragtige musiek kan luister terwyl hulle hulself by die skou geniet.

Die verhoogprogram is soos volg:
07:00 – 09:15: Agtergrondmusiek
09:15 – 09:30: Opening en verwelkoming deur ds. Willem Kok
09:30 – 10:00: Nico Leonard (kunstenaar)
10:00 – 11:30: Hoofkunstenaar: Nicholis Louw
11:30 – 12:30: Eddie van Potch (kunstenaar)
12:30 – 13:00: Nico Leonard (kunstenaar)
13:00: Prysuitdeling.

Die motorskou vind plaas by die kerkplein van die Nederduitsch Hervormde Kerk, Potchefstroom Moedergemeente (h/v Walter Sisulu-rylaan en Wolmaransstraat), oorkant die Elgro Hotel in Potchefstroom. Die antieke veiling vind plaas vanaf 09:30 in die Willem Koksaal op die kerkterrein.

Toegang beloop R25 per volwassene; R10 per skoolgaande kinders en voorskoolse kinders kan gratis ingaan.
Moenie hierdie motorskou, basaar en antieke meubelveiling misloop nie! Vir navrae kan die kerkkantoor weeksdae vanaf 08:30 tot 13:00 by (018) 293 2672 gekontak word.

Vir nadere besonderhede oor die antieke meubelveiling kan Piet Badenhorst by 082 800 7321 gekontak word.

Hier is ‘n paar foto’s van verlede jaar se motorskou: 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button